Môre Tindie! Ek wil net vir jou en Hendrik ’n groot kompliment gee vir daai pragtige hoender. Dit is die heerlikste vleis. Ons het die hoenderboude vir die eerste keer gisteraand gaargemaak ... en (ek moes dit eintlik afgeneem het) my gesin was verstom oor die grootte van die porsies! Dit was smaaklike en lieflike kos. Dit is top-top-topgehalte! Ek kan nie vir jou sê hoe aangenaam verras ek was nie. Die smaak was fantasties! Daardie hoender kook nie eers weg nie. Dit was ongelooflik lekker. Well done vir julle twee! Ek kan julle vir enigeen aanbeveel.
– Mev. Botha, Bloemfontein