Donderdag, 25 Maart 2021 10:49

Reis na Noord!

 

Beste GroenGetrou kliënte

Met groot opgewondenheid vertel ons van ons reis na die noorde! 

GroenGetrou se nie-bevrore produkte word gereeld per koerier versend, maar soveel van u het al gevra na ons Weiveld Hoender.  Goeie nuus! Dis nou binne bereik!


Die Roete:
1. Boshof
2. Hoopstad
3. Bothaville
4. Parys
5. Vanderbijlpark
6. Benoni


Die Datum:
Donderdag, 1 April 2021


Die Pryslys:
Vra gerus aan!


Die RSVP:
Bestel teen 19:00 Maandag, 29 Maart 2021 en ons lewer die produkte gratis by bogenoemde punte af. Vir groot bestellings is ons bereid om selfs ‘n ompaadjie te ry. 

 

Vriendelike plaasgroete

 

Hendrik & Tindie

GroenGetrou (Edms) Bpk
☎ 082 680 2808 (Tindie)
☎ 083 689 2620 (Hendrik)
? Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
? www.groengetrou.co.za